top of page

Leer meer van ons dinamiese span

 

Kosmosnuus het 'n toegewyde span wat daarna streef om aan jou, die leser, al die nuutste gebeure en inligting vanaf en oor die gemeenskap van Standerton te bring. Ons joernaliste kan enige tyd van die dag of nag gekontak word. Mense en besighede van regoor ons verspreidingsgebied adverteer in ons koerant. Indien jy soek na 'n spesifieke diens of besigheid, kan jy seker wees om dit in Kosmosnuus te vind.

Teresa Odendaal

Redakteur / Eienaar

082 417 0171

Teresa is die eienaar en redakteur van Kosmosnuus. Sy is gebore en het grootgeword in Ermelo. Teresa en haar oorlede man het twee kinders, Ernst (25) en Zandra (23) wat haar bors laat swel van trots.

 

"Sport, sport en nog sport" is haar gunsteling tydverdryf. Dis vir haar belangrik om fiks te bly en beskou oefening ook as goeie stres-ontlading. Deursettingsvermoë en dryfkrag is haar beste kwaliteite, maar sy sukkel so effentjies met geduld. Veral as mense onbevoegd is in die werk wat hulle moet doen.

 

Wanneer Teresa wel die dag ontspan hou sy daarvan om romantiese komedies te kyk en sy is 'n bredie-maker van formaat. Sy het in 2009 haar begin in die koerantwese gehad en sal dit vir geen ander beroep ruil nie.

 

Teresa vertel dat sy glad nie sal omgee om eendag op 'n toer deur Europa te gaan nie. 

Irene Do O'Faustino

Ontvangs / Bemarking

Jannie Degenaar

Sub-redakteur / Joernalis

082 608 7219

Jannie Degenaar is 'n gebore en getoë Standertonner. Hy het vir 9 jaar in Pretoria gewerk in opleiding by die gevangenis se rekenaarafdeling, maar is al 'n geruime tyd vir goed terug in die platteland.

 

Jannie is 'n kranige visserman en gaan dus eerder met 'n seevakansie as na die laeveld. Hy is 'n groot aanhanger van die gesegde "ons gaan nóú braai", wat so lekker in die volksmond kom lê het en hy pas dit ook streng toe.

 

Jannie is 'n spontane persoon wat maklik met ander oor die weg kom, maar hy sê dat sy humeur partykeer effens kort kan wees. Ten spyte van sy "kort" humeur het hy die toekenning vir "Service Above Oneself" van die rotariër-klub ontvang. Jannie geniet dit om op die voorfront van gebeure te wees en dis waarom hy homself in die joernalistiek bevind.

 

Hy wil graag na Japan reis om die kuns van Karate te bestudeer en ook te bemeester.

Danie Kruger

Joernalis - 082 824 7188

Danie is 'n Standertonner in murg en been. In Standerton gebore en grootgeword. Danie het 'n passie vir skole-nuus veral omdat hy vars uit matriek by Kosmosnuus begin werk het.

 

Hy sal sy siel verkoop vir 'n goeie fantasie boek en dalk 'n paar uur voor YouTube. Danie sê sy beste kwaliteit is dat hy nie bevooroordeeld is nie en dat almal 'n gelyke kans verdien. Hy is lief vir katte en noem sy eie kat, Neelsie.

 

Danie het betrokke geraak by die koerant in 2012 en sê hy is baie lief vir skryf en voel tale is sy forté. Iets wat min mense van hom weet (nie nou meer nie) is dat jy hom heel moontlik in 'n wip kan vang met 'n houertjie Nutella. "Die soort met die swirl"

 

Danie het laas jaar in Ierland gaan vakansie hou, maar wil nog baie graag 'n besoek bring aan Universal Studios in Florida in die VSA.

bottom of page