Verkeersbeamptes skenk hul beloning
STANDERTON - Twee verkeerskonstabels van Standerton, wat verkies om anoniem te bly, het ongeveer drie weke gelede huisbrekers in Kosmospark vasgetrek. Nadat die huisbrekers gearresteer is en verdere ondersoek ingestel is, is daar gevind dat die huisbrekers aan verskeie ander huisbrake gekoppel kan word.
Kasselman Veiligheidsdienste het voorheen ‘n beloning van R5 000 aangebied aan enige iemand wat kan help om vermeende huisbrekers aan te keer en wat tot ‘n positiewe arrestasie lei. Die twee verkeersbeamptes het die beloning ontvang en dit aan ‘n liefdadidgheidsorganisasie in Standerton geskenk. Volgens een van die verkeersmanne is dit lekker om ook terug te kan gee aan die gemeenskap.
Volgens Kasselman Veiligheidsdienste word hierdie optrede deur die verkeersbeamptes hoog aangeslaan en bedank hulle die twee dat hulle die ekstra myl gestap het.