top of page

AfriForum maak paaie veiliger

STANDERTON - Die AfriForum-tak in Standerton het op 27 Mei fase een van hul padveiligheidsprojek van stapel gestuur. Dít volg nadat taklede talle padveiligheidstekens wat verlore of nie sigbaar is nie as ’n gevaar vir padgebruikers geïdentifiseer het.

“AfriForum prioritiseer die padveiligheid van inwoners en deur soortgelyke projekte te begin, sal die burgerregte-organisasie verseker dat dit nie agteruitgaan nie,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

“Die plaaslike tak sal gedurende fase twee nóg padtekens vervang. Indien inwoners kennis dra van verlore padtekens, skakel gerus ons noodnommer by 071 209 2978,” sê Leon Enslin, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak. Ondersteun AfriForum se padveiligheidsprojekte in Standerton: SMS “Vervang” na 45350 (R1).

 

Important Articles
Recent Articles
Find us online at:
  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle
Search by tag
bottom of page