Inbrekers buit R70 000 se vleis
STANDERTON - Inbrekers het gedurende die nag van 28 Julie, vleis met ‘n geskatte waarde van R70 000 uit Standerton Buiteklub se kombuis gesteel. Die diewe het bo-oor die buitenste veiligheidshek geklim waarna hulle die koelkamer se veiligheidshek oopforseer en die houtdeur oopgebreek het. Nagenoeg 70 stukke 1 kg T-bene, 60 stukke 500 gr T-bene, 70 stukke 330 gr steak en 150 biefburgers is deur hulle in ‘n kruiwa gelaai en gesteel.
Susan Jonker versoek die publiek om haar by 082 750 6660 te kontak indien iemand jou dalk nader om vleis aan jou te verkoop of indien jy dalk meer inligting oor hierdie diefstal het. Jo-Ann Adendorff kan ook by 073 743 2711 geskakel word.