Voetspore-monument skoongemaak
- Jannie Degenaar
- Sep 9, 2016
- 2 min read
MORGENZON - Die jeugvleuel van die AfriForum-tak in Standerton het onlangs ’n erfenisprojek in dié dorp van stapel gestuur. Die projek behels die skoonmaak rondom en opknapping van monumente.
Volgens Leon Enslin, voorsitter van die AfriForum-tak in Standerton, gaan dié projek in vier fases geskied. Tydens die eerste fase is die area rondom die Voetspore-monument, ongeveer 25 km buite Standerton op die Morgenzon-pad, skoongemaak en die gras is gesny. Dié tak beplan om die monument op ’n gereelde basis skoon te maak en in stand te hou.
Enslin sê voorts dat AfriForum tydens die volgende fases beplan om die drade om dié monument te herstel, die monument te verf, borde by die monument op te sit en ’n paadjie na die monument te lê.
Volgens Manuel Coutinho, voorsitter van die jeugvleuel van die AfriForum-tak in Standerton, gaan die laaste herstelwerk teen 1 Oktober afgehandel word. Die herstelde monument sal onthul word, gevolg deur ’n optrede deur Anton Myburgh – die Afrikaanse sanger en liedjieskrywer – by Hoërskool Standerton. Myburgh se liedjie “Voetspore” is spesifiek oor hierdie monument geskryf en sal ook daardie aand opgevoer word. Kaartjies vir hierdie vertoning beloop R80 vir ‘n enkelkaartjie en R120 vir ‘n dubbelkaartjie. Mari-Louise kan by 076 549 8061 geskakel word vir kaartjies of vir meer inligting.

AfriForum in Standerton se jeugvleuel is besig met ‘n projek om die voetspore-monument net buite Standerton op te knap. Die monument is reeds skoongemaak en die gras is gesny. Gedurende fase twee sal die drade herstel word, borde opgerig word en die monument sal geverf word. Anton Myburg, sanger en liedjieskrywer, sal as deel van die monument se onthulling op 1 Oktober sy bekende liedjie ‘Voetspore’, wat spesifiek oor hierdie monument geskryf is, opvoer.





















Comments