top of page

Straatloper ruk hand uit

STANDERTON - Daar word ‘n beroep op die gemeenskap van Standerton gedoen om voortaan nie vir Christo, ‘n bekende straatloper in die dorp, geldelik te help nie. Die geld word volgens inligting nie vir kos aangewend nie, maar wel om die produk waaraan hy verslaaf is te koop. Kos, klere en ander items wat deur persone wat goed bedoel aan hom gegee word, word verkoop om sodoende geld te kry vir sy afhanklikheid probleem.

Christo tree die laaste twee weke baie aggressief teenoor lede van die publiek wat hom nie wil help nie op. Tydens een geval het hy ‘n bejaarde man begin aanval en toe die man grond toe val het hy hom begin skop. ‘n Ooggetuie het die aanval gesien en die bejaarde tot hulp gesnel, net om ook aangerand te word. Dit alles net omdat hy nie geld kon kry nie.

In twee afsonderlike gevalle, een by Engen diensstasie en een by Pick n Pay, is ‘n man en ‘n vrou in die gesig gespoeg nadat hulle geweier het om geld te gee. Christo het hulle ook verbaal verkleineer en erg gevloek.

Woensdagoggend, 26 Oktober, is ‘n vrou wat met haar baba in die hoofstraat gestap het, deur Christo aangeval, ook omdat sy hom nie wou geld gee nie. Sosiale media en WhatsApp-groepe gons deurentyd met Christo wat aan geparkeerde voertuie peuter en by huise en erwe instap op soek na iets om te verkwansel. Veiligheidsgroepe asook die SAPD meen dat Christo in-en-uit rehabilitasie sentrums beweeg, net om terug te val na sy ou maniere sodra hy ontslaan word. Hy is ook al telkemale ‘n werk en blyplek aangebied, maar verkies om dan nie vir werk op te daag nie en eerder te bedel.

Standerton Kommandosorg doen ‘n beroep op die gemeenskap om hom nie in sy kwaad te sterk nie. Dit is waar die probleem en aggressie begin. Sodra die hand wat hom voer - en deesdae gebyt word - afgekap word, sal hy genoodsaak wees om óf groener weivelde te gaan soek, óf om homself reg te ruk.

 

Christo, ‘n straatloper in Standerton, tree die laaste twee weke baie aggressief teenoor die gemeenskap op. Die publiek word versoek om hom nie geld in die hand te stop nie en ook om hom nie te konfronteer nie. Hy is die meeste van die tyd nie bewus van sy dade nie en heelwat gevalle van aanrandings is reeds aangemeld. Alhoewel jy dalk goed bedoel en jou gewete sus deur geld te gee, sterk jy hom in sy kwaad en verslawing, en kan dalk sy volgende slagoffer word.


Important Articles
Recent Articles
Find us online at:
  • Facebook - White Circle
  • YouTube - White Circle
Search by tag
bottom of page