Nuwe toekoms vir Kosmos Aftree-oord
STANDERTON - Sedert die laaste jaarver- gadering wat gedurende Mei 2016 gehou is, is daar ‘n daadwerklike verskil in die bestuurstyl van die Kosmos Aftree-oord. Die gróót bekommernis was omdat inwoners wat lewensreg het by die oord geen stemreg of sê gehad het in die dag-tot-dag bestuur van die oord nie. Die bestuursraad van die dag- bestuur is aangestel en bestaan uit die voorsitter: Dr Mollie Lyons en die drie verteen- woordigers wat inwoners is met lewensreg by die Kosmos Afrtree-oord: Rosier de Ville, Ed Coulson en Eddie Alexander.
Mike Lottering is aangestel as verteen- woordiger van ‘n sorgeenheidskomitee, ‘n bemarkingskenner uit die gemeenskap naamlik Linda van Aswegen is ook aangestel en ‘n finansiële deskundige, Rudi van Rensburg. Daar moet nog ‘n persoon uit die gemeens- kap benoem word wat kundige advies kan verskaf oor die onderhoud van die geboue en fasiliteite. Nadat ‘n kenner, Mnr Syd Eckley, die bevindings gemaak het dat die bestuurstyl van die aftree-oord verouderd is, is besluit dat Kosmos Aftree-oord se standaard onmiddel-
lik opgeskerp moet word.
Die huidige direksie wat verantwoordelik is vir die langtermyn beplanning bestaan uit Sakkie Zwarts, Arista van der Merwe, Herman van der Nest, Elsie van Eeden, Dr Mollie Lyons en Ds Riaan Botha, onder die leiding van die voorsitter, Ds Bennie Marais. Die direksie is aangestel tot die volgende algemene jaarvergadering.
Die identi sering van ‘n visie en missie vir die oord is in proses. Inwoners en per- soneel het deelgeneem vroeg in Desember 2016 in verskeie werkswinkels onder andere hulle ‘prentjie’ van die ideale aftree-oord. Baie goeie insette is ontvang en die proses is positief deur alle deelnemers ervaar. Kosmos Afree-oord behoort aan die mense van Standerton.
Die toekoms van hierdie organisasie, wat bestaan sedert 1950, het nou almal se samewerking nodig. As daar enige vrywilligers en mense met goeie idees is, skakel gerus vir Dr Mollie Lyons by 083 261 2114, sodat ‘n nuwe en beter toekoms saam bewerkstellig kan word.
Die bestuursraad van die Kosmos Aftree-oord se dagbestuur is onlangs aangestel en is van links na regs Henriette van Heerden (sekretaris van bestuursraad), Eddie Alexander (Lewensreg komitee en bestuursraad), Dr Mollie Lyons (Voorsitter van die bestuursraad en Direkteur), Tim Cochrane (voorsitter van lewensreg komitee) Ed Coulson (lewensreg komitee en lid van die bestuursraad) en Judy Coulson (lid van die lewensreg komitee). Rosier de Ville (ondervoorsitter en lid van die bestuursraad) was nie beskikbaar tydens die neem van die foto nie.