Só werk reënmeters
‘n Reënmeter, noodsaaklik vir elke boer en tuinier, meet hoe diep die water op ‘n plat oppervlak sou lê as dit nie sou wegloop nie. Reënval word gemeet in millimeter (mm) en nie in milliliter (ml) nie. Een millimeter reën is een liter water op een vierkante meter. As jy 25 mm reën op jou 1 000 vierkante meter erf kry, is dit 25 ton, of 25 kubieke meter, water, op een hektaar is dit 250 ton water. As jy ‘n 1 000 hektaar plaas het en jy kry 80 mm reën, is dit 800 ton maal 1 000 hektaar, wat jou dan 800 000 ton water gee. Sou jy ‘n 10 ton watertrok vat en jy ry 10 vragte elke dag van die jaar, sal dit 800 000/10/10/365 dae wees. Dit sal 21.9 jaar vat om die hoeveelheid water aan te ry. Jy kan die rand waarde van een millimeter reën op jou erf bepaal as jy die plaaslike munisipaliteit se waterkoste met jou erf grootte vermenigvuldig.